fbpx

Dís hoe jy namens jou kinders vir die onvoorsiene beplan

beplan testament

Jy is in ʼn wonderlike fase van jou lewe. Dit is besig en lonend, en gaan gepaard met meer aanspreeklikheid. Alles gebeur gelyk, jou kinders en hul aktiwiteit hou jou aan die gang, jou loopbaan blom terselfdertyd en jy het oor die algemeen meer verantwoordelikheid as ʼn paar jaar gelede.

Dit is ʼn lekker en bevredigende fase om in te wees, maar dit vereis ook beter beplanning vir die onvoorsiene en ongemaklike moontlikheid dat jy tydens hierdie fase jou geliefdes kan agterlaat.

Ons weet dat dit moeilik en ongerieflik kan wees om ’n testament met ʼn doelgedrewe trust op te stel. Dis hoekom ons na jou toe kom om die proses in Afrikaans so maklik en gerieflik as moontlik te maak.

Hoekom is ʼn testament belangrik as jy minderjarige kinders het?

Jou testament laat jou toe om te sê hoe jy wil hê jou boedel versprei moet word en wie jou begunstigdes sal wees. ‘n Goeie trust-struktuur kan help om die uitvoer van jou finale wense te vergemaklik, veral in die geval waar daar minderjarige kinders betrokke is.

  • Jy weet dat jou kinders aan ʼn voog van jou keuse toevertrou sal word.
  • Jy weet dat jou kinders die erfporsie sal ontvang waarop jy besluit het.
  • Jy weet dat daar voldoende beplanning vir jou kinders se toekoms gedoen is en dat die trust vir die uitvoering daarvan sal sorg.

Wat maak Eksekuteurs vir Boedels en Testamente uniek?

Ons besef dat die gesprekke wat met die opstel van ʼn testament gepaard gaan soms ongemaklik kan wees. Daarom wil ons vir jou ʼn veilige tuiste skep waarbinne jy met gemoedsrus alles in jou moedertaal met ons kan bespreek sodat ons saam aan die beste oplossing en plan kan werk.

  • Afrikaans: Met twee miljoen mense wat Afrikaans as moedertaal aandui, dien Eksekuteurs vir Boedels en Testamente ’n ongelooflike sterk en lojale marksegment met ’n unieke kultuur.
  • Boedelspesialiste: Ons boedeladministrasiespan sluit toegewyde boedelkonsultante in, wat maandeliks professionele en persoonlike dienste aan honderde kliënte se gesinne lewer.
  • LPP™ Legacy Protection PlanTM: Hierdie plan vrywaar kliënte van regskoste soos eksekuteurs-, testamentêre trust- en oordragfooie, asook ander uitgawes wat met die afsterwe van ʼn geliefde ontstaan.

Hoe jy kan beplan

Dit is so eenvoudig soos om jou wense op skrif te stel.

Stap 1:

Stuur vir ons jou besonderhede.

Ons sal jou bel vir ’n afspraak op ’n tyd en plek wat vir jou gerieflik is.

Stap 2:

ʼn Persoonlike konsultasie.

Ons deskundige konsultante ry na jou toe om jou behoeftes te bepaal en jou deur die opstelproses van die testament te lei, asook die trust en ander oplossings te bespreek.

Stap 3:

Ons stel jou testament op.

Ons stuur die eerste konseptestament binne 48 uur na jou toe. In hierdie stadium kan ons enige wysiging aanbring en seker maak dat jy heeltemal tevrede is.

Stap 4:

Sodra jy die testament onderteken het, druk jy net ’n knoppie en ons kom haal jou testament, kosteloos.

Maak vandag ʼn afspraak.

Besoek: www.eksekuteurs.co.za

Jongste Artikels
Volg Eksekuteurs vir Boedels en Testamente

Gesels vandag nog met 'n boedelspesialis

Vind uit hoe jy jou geliefdes kan beskerm met 'n professioneel opgestelde testament.

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Kontak Eksekuteurs

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Boedeladministrasie

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou ter ugkom

keyplan

Om staatswerknemers te help om ‘n blywende nalatenskap na te laat.

Complete the fields below, and we will get right back to youComplete the fields below, and we will get right back to you

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom.