Die lewe is onvoorspelbaar en dit veroorsaak soms dat verandering aan die orde van die dag is. Ons by Eksekuteurs vir boedels en testamente besef dat verandering onsekerheid kan beteken, maar sáám kan ons sekerheid tydens onsekerheid verseker.
Moenie toelaat dat jou nalatenskap deur onsekerheid en verwarring gedefinieer word nie. Neem hierdie September die eerste stap om jou geliefdes se toekoms te verseker.
September is weer testamente-maand en ons by Eksekuteurs vir Boedels en Testamente wil van hierdie geleentheid gebruik maak om ʼn belangrike gemeenskapsdoelwit te bereik. Ons doelwit is om soveel as moontlik Suid-Afrikaners in Afrikaans te help om hul testamente in orde te kry, hetsy met die opstel van ʼn eerste testament of die aanpassing van ʼn bestaande testament met spesialis kennis.
Nasionale testamente-maand is ‘n jaarlikse inisiatief wat die belangrikheid van ‘n testament beklemtoon en die gemoedsrus wat dit vir jou gesin kan bring. Eksekuteurs vir boedels en testamente wil nie net die belangrikheid van jou nalatenskap uitlig nie, ons wil jou bemagtig deur hulp met goeie beplanning en effektiewe oplossings.
Die realiteit van geen voorbereiding vir jou nalatenskap:
Die harde werklikheid is dat gesinne dikwels sukkel om die verlies van ‘n geliefde op ‘n daaglikse basis te hanteer. Hartseer is reeds ‘n swaar las om te dra, maar wanneer die oorledene se sake nie in orde is nie, kan dit ‘n onnodige stres en onsekerheid byvoeg.
Eksekuteurs vir boedels en testamente poog om hierdie verhaal te verander deur die opstel van ‘n testament vir almal toeganklik te maak, maar ook te verseker dat gesinne die ondersteuning het wat hulle nodig het gedurende hul mees uitdagende tye.
Ons maak die opstel van testamente maklik
Die meeste Suid-Afrikaners het nie ’n geldige testament in plek nie, bloot omdat hulle nie daarby uitkom nie. Ons werk hard om hierdie belangrike taak vir die kliënt so moeitevry as moontlik te maak.
- Persoonlike konsultasie: ’n Konsultant ontmoet die kliënt, hetsy by die werk of by die huis, gedurende of ná kantoorure.
- Ons stel die testament op: Binne 48 uur word die eerste konseptestament aan jou gestuur.
- Ondertekende testament-invordering: Sodra die testament onderteken is, word dit gratis by jou afgehaal.
Wat maak ons uniek?
Buiten die opstel van ‘n gratis testament bied ons jou professionele, simpatieke en moeitevrye boedelbereddering wat alle vorms van druk verlig wat gesinne ervaar wanneer ’n geliefde te sterwe kom.
Buiten vir die doelwit om soveel as moontlik Afrikaanse testamente in Suid-Afrika gratis op te stel, bied ons ook die volgende aanvullende dienste aan ons kliënte:
- Boedeladministrasie
- Dekking van fooie by afsterwe
- Meestersfooie
- Oordragkoste
- Opstel en behartiging van trusts
Maak vandag ʼn afspraak.
Besoek gerus ons webblad: https://eksekuteurs.co.za.www63.cpt3.host-h.net/