Deur Sybil Lotriet
Liefdadigheids- en nie-winsgewende organisasies help om behoeftes te vul in gebiede waar daar dikwels te kort skiet. Hulle verhef plaaslike gemeenskappe en maak voorsiening vir noodsaaklikhede. Hulle is egter grootliks afhanklik van skenkings. Om voorsiening te maak vir liefdadigheid in jou testament is ‘n mooi manier om terug te gee aan die gemeenskap en laat ‘n blywende nalatenskap agter.
Om ‘n skenking na te laat aan liefdadigheid kan voordelig wees vir beide jou en die organisasie vir wie jy omgee. Dit laat jou toe om sake te ondersteun waaroor jy passievol is, selfs wanneer jy nie meer hier is nie, en dit verminder ook erfbelasting wat op jou boedel gehef kan word.
Skenking se belastingvoordele
Skenkings wat in ‘n testament gespesifiseer word aan sekere liefdadigheidsinstellings kan óf vrystelling van belasting beteken óf aftrekbaar van die boedel wees vir belastingdoeleindes. Die netto boedel word verminder met die bedrag van die skenking, dus kan die bedrag van erfbelasting betaalbaar, verminder of selfs nul wees.
Daarbenewens word skenkingsbelasting eers toegepas wanneer die skenking meer as R100 000 in ‘n enkele belastingsjaar is.
Hoe om voorsiening te maak vir liefdadigheidskenkings in jou testament
Jy kan ’n liefdadigheidskenking by jou testament insluit bloot deur ’n liefdadigheidsorganisasie as ’n begunstigde van kontant, aandele of ander eiendom in jou testament te noem.
Jy kan aandui of jy ‘n vaste bedrag, ‘n spesifieke item, of watter bate ook al oorbly sodra die ander geskenke uitgedeel is, wil skenk. Indien jy ‘n spesifieke bedrag in jou testament skenk, sal jy egter jou testament gereeld moet hersien om te bepaal of dit genoeg of te veel is. Indien jy ‘n persentasie van jou boedel skenk, laat dit ‘n mate van buigsaamheid toe, aangesien die waardes van jou bates wissel. Om regsgeldig te wees, moet jou testament formeel getuig en onderteken word.
Die proses kan ingewikkeld raak en mag jou dalk met baie frustrasies en onsekerhede laat. Eksekuteurs vir Boedels en Testamente het egter ‘n hoogs bekwame span spesialiste wat jou kan help om die proses te vergemaklik, vir beide jou en die liefdadigheid wat jy wil ondersteun. Kontak ons gerus vir verdere navrae.