fbpx

Algemene vrae

Kon nie vind waarvoor jy soek nie?

Nee. Wanneer die geregistreerde eienaar van vaste eiendom oorlede is, moet sy/haar huis na ’n ander persoon oorgedra word – wat gewoonlik ’n familielid is. Bates op naam van die oorledene sal ingevolge die Boedelwet aan die erfgename van die boedel oorgedra moet word om ’n boedel af te sluit en ’n liasseerstrokie van die Meester van die Hoë Hof te kry. Die Meester van die Hoë Hof stel ’n eksekuteur aan om die bestorwe boedel te administreer. Die eksekuteur is die enigste persoon wat regtens gemagtig is om die bestorwe boedel te administreer. Die doel is om seker te maak dat die oorledene se finansiële sake ordelik beredder en die erfgename se finansiële belange beskerm word. Die eksekuteur van die bestorwe boedel kan vaste eiendom direk aan ’n derde party verkoop, as die begunstigdes dit goedkeur. Die eksekuteur sal die koopaanbod/verkoopsooreenkoms namens die bestorwe boedel onderteken, asook mettertyd die oordragdokumente in dieselfde hoedanigheid. Die aktebesorger moet ’n sertifikaat ingevolge art. 42(2) van die Boedelwet van die Meester van die Hoë Hof waar die boedel ingedien is, bekom om te bewys dat die Meester van die Hoë Hof geen beswaar teen hierdie oordrag het nie. Die koste van die oordrag, hereregte ingesluit, word gewoonlik deur die koper betaal. Die boedel dra die koste van die munisipale uitklaringsertifikate wat geldig is tot na registrasie. Die boedel dra ook die kansellasiekoste van enige verband(e) wat op die eiendom geregistreer is.

Ja. Belastings sal betaalbaar wees óf as deel van die boedel, as jy dit verkoop voordat die boedel afgehandel is, óf as kapitaalwinsbelasting op jou individuele profiel as jy dit verkoop nadat jy dit geërf het.

Ja. As die oorledene enige bates (minstens R 1 000) het wat geadministreer moet word, dan bepaal die Boedelwet 66 van 1965 dat ’n Boedel Wyle XYZ-rekening geopen moet word.

Algemeen gesproke is geen kapitaalwinsbelasting deur die langslewende gade of die boedel verskuldig as ’n persoon sterf en sy/haar hele boedel of vaste eiendom aan die langslewende gade nalaat nie. As enigiemand anders as die oorlewende gade uit die boedel erf, dan is kapitaalwinsbelasting, boedelbelasting en skenkingsbelasting (as dit van toepassing is) verskuldig.

Die eksekuteur van die boedel moet die kapitaalwinsberekening openbaar maak en saam met die dokumentasiebewys aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in te dien as deel van die oorledene se jaarlikse inkomste vir die finansiële jaar waarin hy/sy oorlede is. Die SAID sal dan die berekening en dokumentasie wat ingedien is, nagaan en die kapitaalwinsbelasting wat die boedel verskuldig is, bevestig.

Ja. Die eksekuteur van die boedel is verantwoordelik vir die indiening van die opgawes van die oorledene soos op die sterfdatum asook vir die boedel vanaf die sterfdatum tot wanneer die boedel afgehandel is. Die boedel se eksekuteur is verplig om seker te maak dat al die oorledene se belastingopgawes op datum is by die SAID. LW: As die oorledene by sy/haar afsterwe, of selfs ’n paar jare voor die sterfdatum, ’n pensioenaris was, moet die opgawes nog steeds voltooi en aan die SAID voorgelê word sodat die SAID die eksekuteur kan laat weet dat die belastings in orde is en ’n belastingsvoldoeningsertifikaat aan die eksekuteur kan uitreik.

Die aansoek om ’n eksekuteursbrief/magtigingsbrief moet ingedien word by die Meester van die Hoë Hof in die provinsie waar die oorledene in die 12 maande voor sy/haar dood gewoon het. As die boedelwaarde R 250 000 oorskry, sal die Meester daarop aandring dat ’n professionele liggaam soos ’n bank of trustmaatskappy (“vertrouensdiensverskaffer”) met die administrasie moet help, omdat daar sekere vereistes is wat nagekom moet word om die boedel af te handel.

Die boedel van ’n oorlede persoon moet binne 14 dae na die dood aan die Meester van die Hoë Hof aangegee word. Die afsterwe moet aangegee word deur enige persoon (gewoonlik ’n trustmaatskappy) wat beheer uitoefen oor of in besit is van enige eiendom of dokumente wat die testament is, of as sulks bedoel is, van die oorledene. Die boedel word aangegee deur ’n voltooide doodskennisgewing en ander dokumente by die betrokke Meester van die Hoë Hof in te dien.

Jy kan bewys dat jy die eksekuteur van ’n boedel is deur middel van ’n eksekuteursbrief/magtigingsbrief wat deur die Meester van die Hoë Hof uitgereik is. Iemand kan op twee maniere as eksekuteur benoem word:

Die oorledene kan jou in sy/haar testament as eksekuteur benoem; of

as die oorledene nie ’n testament het of nie ’n eksekuteur benoem het nie, kan die benoemde begunstigdes iemand as eksekuteur benoem.

Wanneer iemand te sterwe kom, moet jy die Meester van die Hoë Hof in die jurisdiksie van die oorledene binne 14 dae na die afsterwe in kennis stel. Om daarna ’n Boedel Wyle [Naam]-bankrekening te open, moet jy ’n eksekuteursbrief of magtigingsbrief by die betrokke Meester van die Hoë Hof kry. So ’n eksekuteursbrief moet uitgereik word vir boedels met ’n bruto waarde van meer as R250 000, en ’n magtigingsbrief vir boedels met ’n bruto waarde van minder as R250 000. Dokumente wat deur die Meester van die Hoë Hof vir ’n eksekuteursbrief of magtigingsbrief vereis word, kan die volgende wees (waar van toepassing):
  • Sterfkennis
  • Gesertifiseerde afskrif van doodsertifikaat
  • Gesertifiseerde afskrif van die oorledene se ID
  • Gesertifiseerde afskrif van oorlewende eggenoot se ID
  • Oorspronklike testament (as die oorledene ’n testament het)
  • Onderneming en aanvaarding van die Meester se aanwysings – in tweevoud
  • Gesertifiseerde afskrif van die eksekuteur se ID
  • Benoeming van eksekuteur en ID van persoon wat eksekuteur nomineer (indien van toepassing)
  • Inventaris van bates en laste
  • Verklaring dat die boedel tot op datum nie aangegee is nie
  • Huweliksertifikaat
  • Gesertifiseerde afskrif van huweliksertifikaat/egskeidingsbevel/vooroorlede gade se doodsertifikaat (waar van toepassing)
  • Aanvaarding van trustdokument
  • Bevestiging van bystand deur…
  • Benoeming van verteenwoordiger
  • Beëdigde verklaring deur naasbestaande
  • Polisieverslag (in geval van dood deur onnatuurlike oorsake)
  • Die administrasie van iemand se boedel word ook “bereddering” van die boedel genoem. ’n Eksekuteur, soos aangestel deur die Meester van die Hoë Hof, handel ’n boedel af nadat die persoon gesterf het. As jy in iemand se testament as eksekuteur benoem is, maar nie die vakkennis besit om die boedel af te handel nie, kan die Meester van die Hoë Hof jou opdrag gee om die dienste van ’n maatskappy of professionele persoon te bekom. Party van jou opsies is dan om óf afstand te doen van jou rol as eksekuteur óf om eksekuteur te bly, en ’n maatskappy of professionele persoon volmag te gee om as eksekuteur van die boedel namens jou op te tree. Daar word dus aanbeveel dat jy ’n professionele persoon in jou testament benoem om as eksekuteur op te tree.

    Dis moeilik om presies te sê, omdat elke boedel anders is en unieke uitdagings bied. By Eksekuteurs is ons besigheidsreël om ’n boedel binne nege maande te probeer afhandel. Hoewel ons dit ook regkry, moet ons verwagtinge bestuur en daarop wys dat boedels met baie uitdagings langer kan neem om af te handel. In sommige gevalle kan ’n boedel nie by die Meester van die Hoë Hof aangegee word nie omdat dokumente ontbreek of nie geteken is nie of vanweë die doodsoorsaak. In sulke gevalle sal die Meester van die Hoë Hof nie ’n eksekuteursbrief of magtigingsbrief uitreik nie. En die boedel kan nie beredder word voordat ’n eksekuteursbrief of magtigingsbrief uitgereik is nie.

    In normale omstandighede kan dit tot ses weke duur voordat die Meester ’n aanstellingsbrief uitreik, mits al die korrekte en tersaaklike dokumente ingedien is. By Eksekuteurs maak ons seker dat dit die eerste keer reg gedoen word. Ons probeer om die hofafspraak binne 7 dae na indiening van die aansoek te kry.

    Hoe lank dit duur om ’n boedel te beredder hang van die kompleksiteit van die boedel af, wat op sy beurt die tyd wat dit neem om ’n erfporsie te kry, beïnvloed. Die regulasies bepaal dat ’n eksekuteur binne ses maande na die datum van die eksekuteursbrief ’n likwidasie- en distribusierekening by die Meester van die Hoë Hof moet indien. Maar die totale tyd wat dit duur om ’n boedel te beredder wissel. By Eksekuteurs is ons besigheidsreël om ’n boedel binne nege maande te probeer afhandel.

    Almal kry ’n korting van R3,5 miljoen op die boedelbelasting. Wanneer ’n boedel beredder word, is die oorledene se boedel vrygestel van belasting op die eerste R3,5 miljoen van die belasbare waarde.

    Alle eksekuteursfooie word gehef teen ’n vaste tarief van 3,5%, BTW uitgesluit, van die brutowaarde van bates en 6%, BTW uitgesluit, op alle inkomste wat deur die boedel ontvang word tydens die bereddering daarvan. Die duur van die beredderingsproses bepaal dus hoeveel ’n eksekuteur vir alle inkomste ontvang kan vra. Banke gee selde afslag en maak selde toegewings op hul fooie. By Eksekuteurs vra ons ’n laer tarief, en as ’n besigheidsreël beoog ons om alle boedels binne nege maande af te handel.  Ons doelwit is om eksekuteursfooie so laag as moontlik te hou deur die afhandelingstermyn te verkort. Ons gee ook ’n korting van 25% op die standaardtarief en vra nie die fooi van 6% op inkomste ontvang nie.

    As iemand sterf, is dit belangrik om te onthou dat daar vier soorte belasting is wat op boedels betrekking het: 1.) inkomstebelasting van die oorledene (persoonlike belasting); 2.) kapitaalwinsbelasting; 3.) boedelbelasting; en 4.) geskenkbelasting (indien op die spesifieke boedel van toepassing.

     

    Inkomstebelasting (persoonlike belasting)

    Dit is die plig van die eksekuteur van die boedel om te sorg dat al die oorledene se inkomste-opgawes klop met die rekords van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

    Indien die opgawes van enige jaar uitstaande is, sal die eksekuteur die betrokke belastingsertifikate/IRP 5-vorms by die betrokke instellings moet aanvra en dit dan na die belastingpraktisyn stuur sodat dit by die SAID ingedien en op rekord geplaas kan word.

    Die boedel sal inkomstebelasting op alle inkomste moet betaal, of dit nou dividende is, huurinkomste of rente verdien gedurende die boedeladministrasieproses.

    Daar is twee soorte waardasies wat uitgevoer moet word: eerstens ’n voordoodse waardasie (alle en tweedens ’n nadoodse waardasie (alle inkomste en aftrekkings van die boedel sedert die oorledene se dood).

    B: As die oorledene by sy/haar afsterwe, of selfs ’n paar jare voor die sterfdatum, ’n pensioenaris was, moet die opgawes nog steeds voltooi en aan die SAID voorgelê word sodat die SAID die eksekuteur kan laat weet dat die belastings in orde is en ’n belastingsvoldoeningsertifikaat aan die eksekuteur kan uitreik.

     

    Kapitaalwinsbelasting

    Wanneer iemand te sterwe kom, word daar aangeneem dat die oorledene van sy/haar bates afstand gedoen het. Die rede is dat daar ’n verandering van eienaarskap plaasgevind het, aangesien die bates nou deur die erfgenaam/erfgename wat in die testament vermeld is, geërf sal word.

    Hierdie “verandering van eienaarskap” is onderhewig aan kapitaalwinsbelasting op die boedel, wat aan die SAID betaal moet word.

    As die eksekuteur van die boedel eiendom uit of eiendom in die boedel ontvang, sal hierdie bates aan kapitaalwinsbelasting onderhewig wees.

    Dis egter belangrik om daarop te let dat geen kapitaalwinsbelasting op sekere bates in ’n bestorwe boedel verskuldig is nie. Dit sluit bates vir persoonlike gebruik in (met sekere uitsonderings), bates wat deur die oorlewende gade geërf word, opbrengste van lewensversekeringspolisse en rente op pensioen-, voorsorgs- of aftree-annuïteitsfondse.

    By afsterwe is daar ’n eenmalige uitsluiting van R300 000, wat beteken dat R300 00 van die wins of verlies vrygestel is van kapitaalwinsbelasting.

    Van enige bedrag bo R300 000 sal 40% belasbaar wees na gelang van die oorledene se marginale belastingkoers.

     

    Boedelbelasting

    Boedelbelasting word bereken op die bruto waarde van die boedel.

    Almal kry ’n korting van R3,5 miljoen, en belasting is dus net betaalbaar op die bedrag wat R3,5 miljoen oorskry.

    Boedelbelasting bedra 20% op die eerste R30 miljoen en 25% op die waarde bo R30 miljoen.

    Ingevolge art. 4(Q) van die Boedelbelastingwet word die aanspreeklikheid vir boedelbelasting op die bates wat deur die langslewende gade geërf word, uitgestel. Dit beteken dat daar aangeneem word dat die oorledene die bates ontslae geraak het op die dag van sy/haar dood, maar die aanspreeklikheid vir die belasting uitgestel word tot die langslewende gade sterf.

    Belasting op skenkings is nie deel van die berekening van ’n persoon se aanspreeklikheid vir inkomstebelasting nie, en die berekening hiervan vind apart plaas telkens wanneer ’n skenking gemaak word.

    Skenkingsbelasting word nie op ’n individu se inkomste gehef nie, maar op die kapitaal wat oorgedra word, wat gewoonlik in die vorm van bates is.

    By skenkings is daar twee partye betrokke: die skenker (wat die skenking maak) en die ontvanger (wat die skenking ontvang).

    Die skenker betaal die skenkingsbelasting. As die skenker versuim om se belasting binne die voorgeskrewe termyn te betaal (gewoonlik aan die einde van die maand waarin die skenking in werking getree het, of binne ’n tydperk wat die Kommissaris kan toestaan), dan is die skenker en die ontvanger gesamentlik en afsonderlik vir die skenkingsbelasting aanspreeklik.

    Skenkings (met inagneming van sekere vrystellings wat hier onder bespreek word) is onderhewig aan skenkingsbelasting teen ’n koers van 20% op die waarde van die skenking en geld vir skenkings gemaak op of na 1 Oktober 2001.

     

    Die volgende skenkings is vrygestel van skenkingsbelasting:

    Skenkings tussen gades.

    Skenkings wat slegs verwesenlik word wanneer die skenker sterf, byvoorbeeld as iemand ’n lewensbedreigende werk het.

    Skenkings waarvan die ontvanger die voordeel eers sal geniet wanneer die skenker sterf.

    Skenkings wat gekanselleer word binne ses maande nadat hulle in werking getree het.

    Skenkings aan tradisionele rade, tradisionele gemeenskappe en sekere stamme.

    Eiendom wat buite die Republiek van Suid-Afrika geleë is. Dit geld net as die skenker die eiendom verkry het voordat hy in die Republiek woonagtig geword het, of by wyse van erflating verkry het van iemand wat nie in die Republiek woonagtig was nie, of deur fondse te gebruik wat verkry is deur die eiendom te verkoop en dit met ander eiendomme te vervang.

    Skenkings aan die regering, provinsiale administrasies, munisipaliteite, ens.

    ’n Eksekuteur van ’n boedel het die volgende pligte:
  • Om die oorledene se bates te beheer, te beskerm en oor te dra soos bepaal in die testament of in die Wet op Intestate Erfopvolging;
  • om al die wetlike vereistes na te kom;
  • om alle skulde en administratiewe uitgawes te betaal;
  • om te verseker dat die finale inkomste-opgawes ingedien en alle belastings gehanteer word; en
  • om die finale saldo’s in die boedel te verdeel.
  • Die Meester van die Hoë Hof hou toesig oor die hele administrasieproses, maak dit regsgeldig en verrig ook ’n regterlike funksie. Met ander woorde, hierdie hof hanteer ook enige beswaar teen die likwidasie- en verdelingsrekening of enige betwisting van die testament.

    Die Meester van die Hoë Hof verleen dieselfde gesag aan die eksekuteur as wat die oorledene self sou toekom. Die eksekuteur het die volle gesag om te handel en inligting te versoek asof hy die oorledene was. Sonder aanstelling deur die hof het niemand gesag om namens ’n oorlede individu te handel nie.

    As ’n boedel ’n tekort het, sal die eksekuteur óf bates verkoop om die finansiële vereistes na te kom, óf die erfgename betaal die tekort ten einde die bates, soos eiendom, te bewaar sodat die bates na hulle oorgedra kan word. ’n Boedel wat nie genoeg bates het om al die skulde te betaal nie, sal bankrot verklaar word, en die begunstigdes sal niks erf nie.

    Wat jy in jou testament bepaal het, is wat na jou dood gedoen sal word. A jy nie ’n geldige testament het nie, sal jou boedel verdeel word soos bepaal in die Wet op Intestate Erfopvolging, wat nie jou wense sal weerspieël nie en moontlik nie in jou erfgename se beste belang sal wees nie.

    Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

    Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

    Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

    Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

    Kontak Eksekuteurs

    Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom

    Boedeladministrasie

    Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou ter ugkom

    keyplan

    Om staatswerknemers te help om ‘n blywende nalatenskap na te laat.

    Complete the fields below, and we will get right back to youComplete the fields below, and we will get right back to you

    Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom.