fbpx

Jou Boedel

Innoverende oplossings

Spesialis boedeladministrasie in Afrikaans. Eerste konsultasie gratis!

Bied jou geliefdes ‘n voorsprong. Stel 'n spesialis aan vir al jou unieke behoeftes en uitdagings met die hantering van jou testament en die administrasie van jou boedel.

Hoekom sou jy Eksekuteurs vir boedeladministrasie gebruik?

Ons weet dat dit moeilik en ongerieflik kan wees om ’n testament op te stel, en dis hoekom ons na jou toe kom om die proses maklik en gerieflik te maak.

Almal het ’n testament nodig, en ons is trots daarop dat ons die ideale oplossing het – hoe eenvoudig of ingewikkeld die situasie ook al mag wees.

Het ’n geliefde gesterf?

Laat ons jou help.

Laaste wense en testament

Ons kan jou help wanneer ’n geliefde gesterf het en:

Fooie

Doeltreffend en betrokke

Kontak Eksekuteurs

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom

Wat maak ons anders?

Ons bied jou professionele, simpatieke en moeitevrye boedelbereddering wat alle vorms van druk verlig wat gesinne ervaar wanneer ’n geliefde te sterwe kom.

Die boedels wat ons hanteer word baie vinniger beredder as die bedryfstandaard; verdelings vind binne 6-9 maande plaas. Ons gevorderde kommunikasiestelsel verseker dat begunstigdes gereeld op hoogte van vordering gehou word.

Toegewyde boedelkonsultante

Die unieke rol van boedelkonsultant is ontwerp om te verseker dat die beredderingproses simpatiek, doeltreffend en kommervry verloop. Ons boedelkonsultante is verbind tot die opbou van ’n verhouding met jou of jou geliefdes wat gereelde kommunikasie en terugvoer aan alle betrokkenes verseker.

Innoverende tegnologie

Ons het voorpunttegnologie vir boedeladministrasie ontwikkel wat effektiewe werkvloei verseker, vinnige afhandeling en gereelde vorderingsverslae.

Alle professionele dienste is beskikbaar onder een dak.

Jy of jou gesin kry toegang tot die vakkundigheid van ons professionele personeel, wat onder een dak saamwerk en sodoende ’n volledige oplossing en uitstaande diens lewer.

Ons boedeladministrasie proses

1.

Die gesin sit die proses aan die gang

Die gesin sit die proses aan die gang. Ons word ingelig van die kliënt se afsterwe. Die eisproses begin wanneer ’n boedelkonsultant aangewys word.

2.

Ons maak ’n afspraak

Ons skakel die erfgename om ’n afspraak te reël. Die Meester van die Hoë Hof beveel aan dat die boedel binne 14 dae na die afsterwe aangemeld word.

3.

Ontmoeting met die gesin

By die vergadering kry ons die betrokke dokumente en handtekeninge.

4.

Oorhandiging aan administrasie

Ons maak die boedellêer oop en kyk of al die vereistes nagekom is, dan gaan ons na die Hoë Hof en dien die aansoek om ’n eksekuteursbrief in.

5.

Uitreiking van eksekuteursbrief

Die Meester van die Hoë Hof se kantoor gaan die dokumente na en reik ’n navraaglys uit vir verdere dokumente of reik die brief uit.

6.

Konsep-L&D (boedelrekening)

Die administrateur stel die likwidasie- en distribusierekening op en pleeg oorleg met die kliënt se begunstigdes en erfgename oor die boedel.

7.

Goedkeuring van die L&D

Ons dien die L&D by die Meester van die Hoë Hof in vir goedkeuring.

8.

Wag vir oordragte en belastinginvordering.

Nadat goedkeuring verkry is, plaas ons ’n artikel 35-advertensie en deponeer ’n afskrif van die boedelrekening by die plaaslike landdroskantoor, waar dit 21 dae lank ter insae lê.

9.

Finale verdeling

Belasting word betaal, krediteure word geskik en oordragte word gemaak. Die finale verdeling vind plaas wanneer die erfgename en begunstigdes betaal word.

10.

Liasseerstrokie word benodig

Sodra ons die liasseerstrokie van die Meester van die Hoë Hof gekry het, het ons toestemming om die lêer te sluit.

Getuigskrifte van kliënte

Het jy geweet?
Amper 75% van alle Suid-Afrikaners sterf sonder ’n geldige testament – wat rampspoedige gevolge vir hul gesinne en familielede kan hê.
Het jy geweet?
Om jou testament op te stel hoef nie ’n moeilike of ingewikkelde proses te wees nie ons konsultante ontmoet jou waar en wanneer dit jou pas. Vir jou gerief het ons ook aanlyn konsultante beskikbaar.
Het jy geweet?
Die meeste mense beplan nie of dink selfs nie daaraan om voorsiening te maak vir regskoste, soos eksekuteursfooie, wat met afsterwe gepaard gaan nie. Onvoldoende beplanning kan jou boedel finansieel verlam en jou beoogde nalatenskap wegvreet.
Het jy geweet?
Die bereddering van ’n boedel kan maande of selfs jare neem. Eksekuteurs spog met ’n gemiddelde boedelafhandeling van 6 tot 9 maande – minder as die helfte van die gemiddelde tyd in ons bedryf.
Het jy geweet?
Wanneer jy sterf, word jou bankrekening gevries, wat dit vir jou gesin moeilik maak om transaksies te verrig. Eksekuteurs se Immediate Liquidity TM sorg dat daar onmiddelik kontant vir jou gesin beskikbaar is vir goed soos doodskoste, reis, begrafnis en dies meer.
Het jy geweet?
Die meeste mense neem aan dat lewensversekering, of die boedel, hul maandelikse lewenskoste (soos munisipale en ander rekeninge, huur, kruideniersware, ens.) sal dek wanneer hulle sterf. Maar polisuitbetalings word dikwels vertraag, en die boedel kan nie verdeel word voordat hy afgehandel is nie – wat die gesin se kontantvloei belemmer. Eksekuteurs se Estates Overheads Protector™ help om hierdie noodsaaklike uitgawes te dek.
Het jy geweet?
Jou testament is nie geldig as dit nie korrek onderteken en twee onafhanklike partye dit mede-onderteken het nie. ’n Ongeldige testament is dieselfde as geen testament.
Het jy geweet?
’n Getuie van ’n testament kan nie ‘n begunstigde van die testament wees nie. As jou gade dus jou testament as getuie geteken het, kan dit deur die hof as ongeldig verwerp word.
Previous slide
Next slide

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Kontak Eksekuteurs

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Boedeladministrasie

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou ter ugkom

keyplan

Om staatswerknemers te help om ‘n blywende nalatenskap na te laat.

Complete the fields below, and we will get right back to youComplete the fields below, and we will get right back to you

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom.