fbpx

Legacy Protection plan™

Beskerm jouself teen die onverwagte koste van afsterwe

Afsterwe is nooit maklik vir die wat agterbly nie, maar jy kan die bykomende las op jou geliefdes verlig deur onverwagte koste uit te skakel en te verseker dat jou nalatenskap voortbestaan.

Of skakel jou finansiële adviseur.

Dek jou regskoste vanaf slegs R97.40 p.m.

Die werklike koste van afsterwe

Afgesien van die hartseer van ’n afsterwe gaan dit gepaard met bykomende laste in die vorm van regskoste en uitgawes wat jou geliefdes moet aangaan. Begrip van hierdie regskoste en uitgawes help jou om voorsiening daarvoor te maak en te verseker dat hierdie koste gedek is en die las op jou geliefdes verlig word.

Met ons baanbreker Legacy Protection Plan™ kan jy al jou regsfooie dek, asook ander uitgawes wat met afsterwe gepaard gaan, vanaf net R97.40 per maand.

Het ’n geliefde gesterf?

As jy nie ‘n Legacy Protection Plan™ van Capital Legacy het nie, sal jou gesin sommige van die volgende fooie moet betaal wanneer jy tot afsterwe kom:

Eksekuteursfooie
Dit is die standaardkoste in die bedryf wat die eksekuteur of betrokke professionele persoon hef om jou boedel te beredder. Hoogstens 3.5% + BTW van die waarde van jou boedel sal gehef word. ’n Boedel van R3 miljoen sal dus R127 750 moet betaal aan ekskuteursfooie.
Transportbesorgersfooie
Dit is die vergoeding wat die transportprokureur sal vra wanneer eiendom oorgedra moet word. Voorbeeld: Die oordrag van ’n woning wat R1 850 000 werd is en na ’n begunstigde oorgedra word, sal die boedel R30 544 kos.
Fooie vir ‘n testamentêre trust
Dit is die bedrag wat die trustees vra om ‘n trust te skep indien jy so n trust in jou testament gespesifiseer het. Dit is normaalweg ‘n veilige plek om die geld wat jy aan jou kinders bemaak het te bêre. Gemiddeld kos dit 1.15% van die netto waarde om die trust te skep, en 1.6% per jaar om dit deurlopend te administreer. Voorbeeld: Die totale koste met bates van R1.5 miljoen oor 15 jaar is R377 250.
Meester van die Hoë Hof se fooie
Dit is die fooi wat aan die Meester van die Hoë Hof betaal word vir die uitoefening van sy rol in die administrasie van jou boedel.
Korrespondensiefooie
Fooie wat verband hou met korrespondensie met die Meester van die Hoë Hof.
Munisipaleheffingsertifikate
Een van die vereistes vir die oordrag van eiendom is die verkryging van ’n uitklaringsertifikaat, wat óf by die stadsraad óf die munisipaliteit beskikbaar is (dien as bewys dat alle verskuldigde bedrae betaal is). Dit sal slegs uitgereik word as die tariewe en belastings vooruit betaal is. Soms moet daar selfs 6 maande vooruit betaal word.
Advertensiekoste
Twee advertensies moet in ’n plaaslike koerant en in die Staatskoerant geplaas word. Die koste kan enigiets van R1 000 tot R1 500 wees, na gelang van die koerant wat gekies word.
Erfenisbelasting
Nie net moet alle uitstaande belastings uit die boedel betaal word voordat dit afgehandel kan word nie, maar die eksekuteur sal ook moet besluit of kapitaalwins- of boedelbelasting betaal moet word.
Deurlopende korttermynrekeninge
Rekeninge soos mediesefondsbydraes, skoolgeld, motorversekering, water, ligte, ens. moet nog steeds betaal word, al is die bankrekeninge bevries.
Ander onmiddellike uitgawes
Uitgawes in verband met begrafnisreëlings, soos spyseniering, reiskoste en ander uitgawes. Hierdie koste vreet aan die erfenis wat jy beoog om na te laat. Moenie jou gesin daarmee opsaal nie. Beskerm jou erflating. Kry nóú dekking.

Die Legacy Protection Plan™

Ons unieke Legacy Protection Plan™, die eerste van sy soort in die mark, is ’n volledige oplossing wat saam met jou testament loop maar ook jou en jou geliefdes dek teen die onvermydelike regskoste wat die dood meebring.

Boonop beskerm die Legacy Protection Plan™ jou en jou geliefdes teen verskeie ander uitgawes wat ontstaan wanneer jy afsterf.

Dekking van regskoste:

Die Legacy Protection Plan ™ is ’n nuwe soort versekeringsproduk, vanaf slegs R87,31 per maand, wat jou testament begelei en regskoste dek soos eksekuteursfooie, testamentêre trustfooie, transportbesorgerskoste en ander koste wat met afsterwe gepaard gaan, soos die fooie van die Meester van die Hoë Hof, advertensiekoste, maandelikse rekeninge en dies meer.

Kontantvoordele:

’n Onmiddellike kontantvoordeel van tot R152 586 sal binne 48 uur aan ’n begunstigde van jou keuse betaal word.

MyLegacy Cover ™:

Kry tot R15 miljoen se lewensdekking en tot R5 miljoen dekking vir onmiddellike kritieke siekte as ’n uitbreidingsvoordeel van jou Legacy Protection Plan ™. Dis bloot sinvol om jou lewensdekking uit te neem by die mense wat jy kan vertrou om jou testament te hanteer.

Ondertekeningsvoordeel:

‘n Geïntegreerde voordeel van R30 000, kosteloos, om die koste te bestry van ’n versoek aan die hof om ’n ongetekende of ongeldige testament te aanvaar.

Aanpasbare opsies:

Daar is opsies om in al u]jou behoeftes te voorsien, al het jy ’n bestaande siekte of is jy ouer as 60 jaar.

Planne vir persone bo 60 jaar

Dek 75% van al jou regskoste vir net R108,55 per maand. Dek 90% van al jou regskoste vir net R152,49 per maand. Geen mediese ondersoek word verlang nie, en die premie bly dieselfde ongeag jou ouderdom.

Ons planne

FreePlan ™ Lite

Vanaf slegs R108,55 per maand

Kontantvoordeel: R0

Dekking van regskoste: 75%

FreePlan™ Classic

Vanaf slegs R152,49 per maand

Kontantvoordeel: R0

Dekking van regskoste: 90%

Bronsplan

Vanaf slegs R87,31 per maand

Kontantvoordeel: R25 996

Dekking van regskoste: R141 284

Silwerplan

Vanaf slegs R108,55 per maand

Kontantvoordeel: R73 467

Dekking van regskoste: R282 568

Goue Plan

Vanaf slegs R129,79 per maand

Kontantvoordeel: R124 329

Regskostevoordeel: R847 704

Platinumplan

Vanaf slegs R169,90 per maand

Kontantvoordeel: R158 237

Regskostevoordeel: R1 695 408

Diamantplan

Vanaf slegs R211,19 per maand

Kontantvoordeel: R186 494

Dekking van regskoste: R3 390 816

Onbeperkte plan

Vanaf slegs R303,22 per maand

Kontantvoordeel: R186 494

Dekking van regskoste: Onbeperk

Ons testamentkonsultant sal hierdie planne en jou unieke vereistes tydens ons testamentkonsultasie met jou bespreek.

Geïntegreerde voordele

Immediate Liquidity™

Wanneer jy te sterwe kom, gaan jou gesin dalk net beperkte toegang tot geld hê. Sorg dat daar geld beskikbaar is vir sulke dinge soos begrafniskoste, reisreëlings, kruideniersware en ander onmiddellike uitgawes. Hierdie voordeel beskerm nie net jou nie, maar ook jou gade, kinders en ouers.

Estate Overheads Protector™

Boedelbereddering neem tyd in beslag, en intussen moet u gesin talle rekeninge en maandelikse uitgawes betaal. Hierdie voordeel sorg dat die ligte bly brand, mediesefondsbydraes, skoolgeld en kruideniersware betaal word en die versekering voortbestaan. Diensverskaffers se rekeninge word elke maand ses maande lank via die eksekuteur direk betaal.

Estate Gap Cover™

As jy en jou gade albei sterf, kan dit ’n finansiële skok vir jou begunstigdes wees. Die koste in so geval is dikwels te hoog vir die begunstigdes om gelyktydig te dek. Met hierdie voordeel kan jy voorsiening maak vir erfenisbelasting en ander regskoste maar ook vir die verlies van maandelikse inkomste.

Opsionele voordele

MyLegacy cover™

Dis bloot sinvol om jou lewensdekking uit te neem by die mense wat jy kan vertrou om jou testament te hanteer.

Educare™

EduCare™ dek al jou kind se opvoedingsbehoeftes, soos skoolgeld, klere en skryfbehoeftes. Dit dek ook hul sorgbehoeftes, soos kos, vervoer en nasorg ingeval jy gestremd of ernstig siek word of tot afsterwe kom.

Hoekom die Legacy Protection Plan™?

Ons het oor die jare gesien hoe troumaties die boedeladministrasieproses kan wees vir gesinne wat nie effektief voorsiening gemaak het vir die finansiële koste van afsterwe nie, wat tot enorme vertragings en dikwels die finansiële ondergang van die boedel gelei het.

Ons het al die regs-, professionele en versekeringskundigheid onder een dak en kan ’n boedel vinnig en doeltreffend beredder, sonder enige vertragings en moeisame prosesse.

Ons beredder ’n boedel gemiddeld binne net 6 – 9 maande terwyl dit in die industrie soms jare kan duur. Dit beteken dat ons ’n boedel ver onder die gemiddelde tyd kan afhandel, en hierdie kostebesparing gee ons aan jou deur in die vorm van laer premies en groter voordele.

Talle mense sit nie betyds fondse opsy vir die regskoste en uitgawes wat met die bereddering van ’n boedel gepaard gaan nie, en dit word ’n las vir die agtergeblewenes. Die Legacy Protection Plan™ verlig hierdie las met spesifieke voorsiening vir al die koste van afsterwe.

Getuigskrifte van kliënte

Het jy geweet?
Amper 75% van alle Suid-Afrikaners sterf sonder ’n geldige testament – wat rampspoedige gevolge vir hul gesinne en familielede kan hê.
Het jy geweet?
Om jou testament op te stel hoef nie ’n moeilike of ingewikkelde proses te wees nie ons konsultante ontmoet jou waar en wanneer dit jou pas. Vir jou gerief het ons ook aanlyn konsultante beskikbaar.
Het jy geweet?
Die meeste mense beplan nie of dink selfs nie daaraan om voorsiening te maak vir regskoste, soos eksekuteursfooie, wat met afsterwe gepaard gaan nie. Onvoldoende beplanning kan jou boedel finansieel verlam en jou beoogde nalatenskap wegvreet.
Het jy geweet?
Die bereddering van ’n boedel kan maande of selfs jare neem. Eksekuteurs spog met ’n gemiddelde boedelafhandeling van 6 tot 9 maande – minder as die helfte van die gemiddelde tyd in ons bedryf.
Het jy geweet?
Wanneer jy sterf, word jou bankrekening gevries, wat dit vir jou gesin moeilik maak om transaksies te verrig. Eksekuteurs se Immediate Liquidity TM sorg dat daar onmiddelik kontant vir jou gesin beskikbaar is vir goed soos doodskoste, reis, begrafnis en dies meer.
Het jy geweet?
Die meeste mense neem aan dat lewensversekering, of die boedel, hul maandelikse lewenskoste (soos munisipale en ander rekeninge, huur, kruideniersware, ens.) sal dek wanneer hulle sterf. Maar polisuitbetalings word dikwels vertraag, en die boedel kan nie verdeel word voordat hy afgehandel is nie – wat die gesin se kontantvloei belemmer. Eksekuteurs se Estates Overheads Protector™ help om hierdie noodsaaklike uitgawes te dek.
Het jy geweet?
Jou testament is nie geldig as dit nie korrek onderteken en twee onafhanklike partye dit mede-onderteken het nie. ’n Ongeldige testament is dieselfde as geen testament.
Het jy geweet?
’n Getuie van ’n testament kan nie ‘n begunstigde van die testament wees nie. As jou gade dus jou testament as getuie geteken het, kan dit deur die hof as ongeldig verwerp word.
Previous slide
Next slide

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom.

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Kontak Eksekuteurs

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou terugkom

Maak ‘n afspraak met een van ons spesialis testamentêre konsultante om jou by te staan met die opstel van ‘n geldige en uitvoerbare testament.

Voltooi die velde hieronder en ons kom so gou as moontlik terug na jou toe.

Boedeladministrasie

Voltooi die velde hieronder, en ons sal dadelik na jou ter ugkom

keyplan

Om staatswerknemers te help om ‘n blywende nalatenskap na te laat.

Complete the fields below, and we will get right back to youComplete the fields below, and we will get right back to you